Tuesday 30 August 2011

HANOVER PARK


Daa’ loep Tiema, sy’s wee’ met die lyf

Windjie waai en mince haa’ kuif

Voete’s vaal van al ‘ie loep
Winkel toe om brood te koep.

Die kinnetjies speel buite by die blok
Pa het lankal uitgeklok
Hy’t ee’ste uitgegooi op die hoek
Lekke’ líewe, vríet net koek
Kan’tie sy naam was heel tyd in die boek
Te veel mense het hom ve’vloek
Nou is Tiema stok-siel allíen
Soek ‘n burk om míen te spíen.

Wan’ die líewe is swaa’
Al’dou is djy waa’
Die sukkel hou nie op nie
Soe o’s drink ma’ nog ‘n doppie
Gevríet net ma wee’ in die sand
En hulle sê is o’s land
Soe ‘it is mos o’right om kak te vríet
Drown die sorrows en ve’dríet
Totdat die ouens wee’ begin’e skiet
En nog ‘n laaitie moet al wee’ djiet
Mang toe as hy lucky is
Onder die grond en weg met die lus.

No comments: