Monday 29 October 2018

Die Naarheid


  
Baie keer 
is ek mismoedig. 

Net kak 
en sukkel 
en steel 
en oorlog. 

Ooral. 

Dan luister ek 
hier naby
en ek verwonder vir my
hoe klein
ons denke en verstand.

Elkeen kyk net 
hiervoor 
hul eie voete,
koppe in die grond.

Ons kyk mekaar mis
en as ons sien
dan is dit uit
dieselfde lense
wat so klein is.

En ek sien nie vir jou nie
omdat jy nie vir my sien nie.