Tuesday 2 August 2011

VIR'IE BOYS

 
Elke wíek ko’ ek hie’
Ampe’ asof ‘ie Allah my stuu’
Om van sy laaities te ko’ míet
Om vi’ julle wys te maak van ‘n different beat.

Elke wíek ko’ lee’ ek self nog ‘n stukkie
Of om vi’ ieman te gíe, ‘n klein gelukkie
En ‘ie gel’ wat ek betaal wor’t
Is at all times ‘n bietjie short.

Elke wíek ko’ míet ek nog ‘n gedagte
Party ko’ soema met ‘n klagte
But die hele ding is o’s praat met ease
En daai is ‘ie ding wat vi’ my die míeste please.

Elke wíek ko’ raak ek wys met julle
En as o’s break ‘an roek o’s lang twak pille
And my heart is empty when I’m ill
Wan’ ja’r op ‘n ja’r, julle raak my siel.

Elke wíek wil ek vi’ julle sê
Al’dou is ‘ie pad nog vi’ baie soe vê’
On’hou ‘rie dinge wat ek praat en bly ste’k
Wan’ aan ‘ie voo’kan’ wag nog baie we’k.

Kyk altyd die trap agte’ ‘rie trap en boekan’ ‘ie lyn
En woega me’ daai gedagte in jou brein.

For all the youth at Hawequa Juvenile Detention Center but especially those with whom I have had the pleasure of working and who have managed to touch my life so deeply – Salute my bra’s!

No comments: