Wednesday 2 January 2008

Hanover Park

Daa’ loep Tiema, sy’s wee’ me’ ‘nie lyf
Windjie waai en mince haa’ kuif
Voete’s vaal van al ‘ie loep
Winkel toe om brood te koep.

Die kin’ertjies speel buite by ‘rie blok
Pa het lankal uitgeklok
Hy’t ee’ste uitgegooi op ‘ie hoek
Lekke’ líewe, vríet net koek
Kan’tie sy naam was heel tyd in ‘ie boek
Te veel mense het hom ve’vloek
Nou is Tiema stok-siel allíen
Soek ‘n burk om míen te spíen.

Wan’ ’nie líewe is swaa’
Al’dou is djy waa’
Die sukkel hou nie op ‘ie
Soe o’s drink ma’ nog ‘n doppie
Gevríet ne’ me’ wee’ in ‘ie san’
En hulle sê is o’s lan’
Soe ‘it is mos o’right om kak te vríet
Drown ‘ie sorrows en ve’dríet
Totdat die ouens wee’ begin’e skiet
En nog ‘n laaitie moet al wee’ djiet
Mang toe as hy lucky is
On’e ‘rie gron’ en weg me’ ‘nie lus.

No comments: