Bruda’s en susta’s
Ons sit hier en bek verkoep
Nog one-way bymekaa met die ding
Wat moet sukkel om te kan is.
Ek en djy is mos vol gedagtes
Ma’ eintlik is ons koppe kla’ vrot
Met al die kak wat ons gesien het
En al daai’s waa’ die oë toe was.
Tong en lip is nog altyd’ie n bewystuk nie
Die ouens sal volraak met jou trap
En daar waar djy ‘n nwata dala
Sal ek jou nogal reg help.
Want alles kom op een ding nee
Die laaities se liewens wat ons raak.
No comments:
Post a Comment